Monday, April 18, 2011

Aksiegroep wil tot hoogste hof gaan



www.landbou.com
Die finale besluit om Shell toe te laat om eksplorasie vir aardgas te doen, rus by me. Susan Shabangu, Minister van Minerale Hulpbronne

Deur Amelia Genis
Die aksiegroep "Treasure the Karoo" (TKAG) is bereid om sy teenstand teen hidrouliese breking tot in  die Grondwethof te voer, het mnr. Jonathan Deal, koördineerder van die groep, op die bekendstelling van hul amptelike beswaar daarteen in Kaapstad gesê.

Sunday, April 17, 2011

Saak dalk op regsgronde gewen

www.landbou.com

"Ek meen dat daar soveel tekortkominge is dat die minister die aansoek sal afkeur en dat 'n hofaksie dus nie nodig sal wees nie"


Deur Theuns Botha
Boere en ander belanghebbendes in die Karoo veg verbete teen die oliemaatskappy Shell se aansoek om skaliegas in die gebied te ontgin.


Skaliegas 'net verplasing van besoedeling'

www.landbou.com

Shell wou egter nie sê of dit moontlik sal wees om R60 miljard in 'n trustfonds te sit as voorsorg teen enige skadevergoeding nie


Deur Theuns Botha
Platinum het die wêreld se stede skoongemaak, maar die inwoners van Rustenburg het met die besoedeling agtergebly. Dieselfde lot wag op die Karoo indien daar vir skaliegas geboor sou word. Die "skoon" natuurlike gas sal in die stede verbrand word, maar die Karoo sal met die
verkeer van die vragmotors sit, sê mnr. Chris de Bruyn, 'n omgewingsaktivis van Rustenburg.

Skaliegas kan SKA-projek benadeel


www.landbou.com
"Die Wet op Astronomie en Geografiese Voordele maak dit vir Shell onmoontlik om met sy planne voort te gaan."



Deur Amelia Genis
Die brandstofmaatskappy Shell se planne om vir skaliegas in die suidwestelike Karoo te prospekteer en dit uiteindelik deur hidrouliese breking te ontgin, kry nou sterk teenstand van wetenskaplikes by die SKA- (Square Kilometre Array) projek. Dr. Adrian Tiplady, projekbestuurder van die SKA-radioteleskoopprojek buite Carnarvon in die Noord-Kaap, sê die SKA-projek en eksplorasie- of mynbedrywighede is onverenigbaar.

Saturday, April 16, 2011

Gebiede waar Shell wil prospekteer

Shell, Statoil, Sasol,  Falcon Oil (Kanada), Sunset Energy (ook genaamd Bundu) uit Australië, Advasol, Umbono Coal Ermelo en die Chesapeake-energiekorporasie (Amerika) aansoeke  ingedien by die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (Pasa) om te  prospekteer vir skaliegas in die Vrystaat, Oos-Kaap, Suid-Kaap, Karoo en  KwaZulu-Natal. CopaNet, ’n nuwe, onbekende  maatskappy, het aansoek gedoen om prospekteerregte op 300 000 ha tussen  Louis Trichardt en Musina.
Sien hier waar Shell voornemens is om te prospekteer in die Karoo. Klik op die kaarte om hulle te vergroot.

Friday, April 15, 2011

Boordery in Karoo het al skeefgeloop

www.landbou.com

"En watter kans, dink jy, het 'n boer om, as hy skade sou kry, hom teen die oliemaatskappye in 'n hof te verweer?"


Deur Theuns Botha
Met die vrese oor die gevaar van waterbesoedeling indien daar vir gas in die Karookom geboor word, vertel 'n gewese Soekor-man wat 44 jaar gelede op 'n plaas by Aberdeen skeefgeloop het.

Waar kan mens T-hemde kry?

Deur van hierdié T-hemde te koop (en te dra) kan jy vir mense wys dat jy teen die vernietiging van ons Karoo en teen die proses van hidrobreking gekant is. Tewens steun jy daarmee die aksies wat teen 'fracking' in Suid-Afrika gevoer word. 'n Gedeelte van die opbrengs uit die t-hemde word geskenk aan hierdié organisasies wat die proses teëstaan!







Monday, April 11, 2011

Skaliegas: Deursigtigheid is noodsaaklik

www.landbou.com/

Theuns Botha en Marleen Smith

Ja, skaliegas IS groener as olie en steenkool, en ja, daar IS glo maniere om dit betreklik veilig te ontgin, maar dan moet die nodige regulering bestaan en die publiek moet weet watter chemiese stowwe in die hidro-brekingsproses gebruik word.

Tuesday, April 5, 2011

Verbied breking, vra Karoo-aksiegroep

www.landbou.com





deur Amelia Genis

Die aksiegroep Treasure the Karoo het die Regering vandag amptelik versoek om ’n verbod te plaas op alle planne om skaliegas met behulp van hidrouliese breking in Suid-Afrika te soek. In sy geskrewe beswaar teen die aansoek van die Shell Exploration Company om met behulp van die omstrede tegnologie hidrouliese breking (“fracking”) na aardgas in die Karoo te soek, doen die aksiegroep onder leiding van mnr. Jonathan Deal, ʼn beroep op die owerhede om onmiddellik ʼn verbod te plaas op alle planne van Shell of enige ander onderneming om sulke eksplorasie te onderneem.


Sunday, April 3, 2011

Sasol, Falcon en Bundu tree óók toe tot stryd om Karoo se gas

www.rapport.co.za/


Dit is nie net die internasionale oliereus Shell wat sy visier op die Karoo het nie.
Drie ander maatskappye ding ook mee om regte om vir gas te boor. Dis egter nie net daardie ongerepte stuk landskap waardeur binnelanders reis onderweg na ’n Kaapse vakansie wat in die gedrang is nie.

Friday, April 1, 2011

‘Manna uit hemel’ kan SA erg knou

www.beeld.com





"Suid-Afrikaners is dit aan hul land en aan hul kinders verskuldig om soveel lawaai moontlik te maak oor die ontwikkeling van skaliegasbronne in Suid-Afrika" 
 Carin Bosman

Nie alle energie-oorloë – soos dié in Libië of Irak – word met vegvliegtuie en Tomahawk-missiele gevoer nie.

Suid-Afrika is die afgelope maand gebombardeer met ’n swetterjoel aansoeke van verskeie bekende en minder bekende multinasionale oliemaatskappye, almal vir die prospektering van skaliegas in Suid-Afrika se skalieryke Karoo-supergroep-gesteentes, wat ondergronds heel verder strek as net die Karoo.

Wednesday, March 30, 2011

Agri SA vra moratorium op hidrouliese rotsbreking

www.dieburger.com/



 


Mariska Spoormaker

Port Elizabeth - Agri SA het regsadvies aangevra sodat dié organisasie bo enige twyfel kan weet of skaliegas kragtens wet as ’n mineraal beskou kan word, het die organisasie se uitvoerende direkteur, mnr.Hans van der Merwe, gesê.
“Ons wag ook op die uitspraak in ’n hooggeregshofgeding teen die staat waarin ons helderheid soek oor of grondeienaars wat hul minerale regte ingevolge die Minerale en Petroleumontwikkelingswet van 2004 verloor het, kan aanspraak maak op vergoeding indien skade of verlies bewys kan word,” het Van der Merwe bygevoeg.

Monday, March 28, 2011

‘Ysbeerman’ daag Shell uit


“Kyk maar oral in die wêreld – waar die omgewing beskadig word, volg konflik.”

deur Amelia Genis
’n Voorste kampvegter vir die omgewing het Shell gewaarsku om nie Suid-Afrikaners wat vir die Karoo omgee, te onderskat nie.
Mnr. Lewis Pugh, ’n prokureur wat in seevaartreg spesialiseer, maar beter bekend is om sy swemmery in uiterste omstandighede om die aandag op klimaatsverandering te vestig, is by ’n openbare vergadering in Nuweland, Kaapstad, staande toegejuig oor Shell se konsep-omgewingsbestuursplan.

Sunday, March 27, 2011

‘Frack off, Shell,’ sê teenstanders van gasontginning in die Karoo




Deur Julian Jansen / Foto: Danielle Karallis
Die oliereus Shell wil “frack” in die Karoo … Maar al hoe meer mense sê: “Frack jou, Shell!
“Frack” of “fracking” is die term wat gebruik word om die omstrede proses te beskryf wat Shell wil gebruik om na gas te soek in die Karoo. Dit heet in Afrikaans hidrouliese breking.

Wat sê ons Grondwet?



Die Handves van Menseregte in Suid-Afrika se Grondwet is gebaseer op sosiaal-demokratiese beginsels wat die res van die wêreld ver vooruit is. Veral artikel 24 is briljant geskryf, waarop elke Suid-Afrikaner met reg trots kan wees:

• “Elkeen het die reg op ‘n omgewing wat nie skadelik vir sy gesondheid of welstand is nie” en
• “Elkeen het die reg dat die omgewing beskerm moet word tot voordeel van huidige en toekomstige generasies, deur redelike wetlike en ander maatreels wat besoedeling voorkom, bewaring aanmoedig, en ekologiese volhoubare ontwikkeling en gebruik van natuurlike hulpbronne verseker terwyl regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling aangemoedig word”.

Wat behels Skaliegasontginning?

www.beeld.com





Deur Carin Bosman
‘n Tegniek bekend as hidrobreking word gebruik vir die ekonomiese ontginning van skaliegas. Hidrobreking is nie - soos die bemarkingsdokumente verkondig - ‘n “beproefde proses wat oor 60 jaar in duisende gate getoets is” nie. Dit is nuwe, ongetoetsde tegnologie, en in plekke waar dit reeds geïmplementeer is, het dit tot groot omgewingsskade, veral waterbesoedeling, gelei. Die Oscar-benoemde dokumentêre fliek Gasland lewer ontstellende getuienis van hoe vinnig en wydverspreid die skade kan wees. As gevolg van die groot risiko verbonde aan hidrobreking, is ‘n moratorium op die praktyk geplaas in verskeie lande soos Kanada en Frankryk, asook deur ‘n toenemende aantal Amerikaanse deelstate, insluitend New York, Pensylvanieë, New Jersey, Arkansas, en ander.

Saturday, March 26, 2011

Hidrouliese rotsbreking? WAT OP AARDE IS DIT?

www.beeld.com





Carin Bosman

Shell, asook verskeie ander maatskappye, verdring mekaar om ondergrondse gas in die Karoo te ontgin. Mense is egter bekommerd dat dié proses die water en grond onherstelbaar sal besoedel.
Wat behels hidrouliese rotsbreking (‘fracturing’ of ‘fracking’ in Engels) nou eintlik? ‘Hidrobreking’ is ‘n Amerikaanse metode om diep ondergrondse rotsformasies uitmekaar te splits. Miljoene liters water, sand en chemikalieë word vir dié doeleinde, onder vreeslike hoë druk, die aarde ingepomp. Dit veroorsaak breuke in die rotsbed, waardeur die gas kan ontsnap. Dié gas word natuurlike gas of skaliegas genoem, maar is eintlik niks anders as metaangas nie.
Dié gas wat hulle so naarstiglik wil myn, word gewoonlik gebruik in verhittingsprosesse, maar kan ook aangewend word in die ‘maak’ van elektrisiteit. Boonop kan spesiaal aangepaste voertuie metaangas as brandstof gebruik.

Wednesday, March 23, 2011

Shell kontak boere glo een-een

www.dieburger.com






Mariska Spoormaker

Nieu-Bethesda. – Dit wil vir hom voorkom of Karoo-boere nou afsonderlik deur Shell gekontak word om hulle oor gaseksplorasie in die Karoo te oortuig, het mnr. Douglas Stern, voorsitter van die Sneeuberg-landbouvereniging, gesê. Die 48 boere in die vereniging het, nadat Shell se eksplorasie-planne in Februarie bekend gemaak is, mnr. Derek Light van Graaff-Reinet as hul regsverteenwoordiger aangestel.

Shell is tjoepstil oor gerugte rondom Karoo-brakwater en chemikalieë

www.dieburger.com


“Julle wil ’n trein met 80 tenkers water na jul toetsgate laat aanry, maar ons kan Transnet nie eens so ver kry om ’n kis wyn na ons te vervoer nie.” 

Port Elizabeth - Shell-verteenwoordigers het Vrydag op hul openbare vergadering in Middelburg versuim om gerugte dat Karoo-brakwater dalk tog nie met chemikalieë – nodig vir die hidrouliese rotsbrekingsproses van gaseksplorasie – verbind nie, te bevestig of ontken.
Dié ondergrondse brakwater is nutteloos vir drink- of landboudoeleindes.

Tuesday, March 22, 2011

Shell se Egipte-oomblik

www.beeld.com







Deur Ferdi Greyling
’n Aansoek deur onder meer die Europese oliemaatskappy Shell om vir aardgas in die Karoo te eksploreer, kan dalk net ’n Egipte-oomblik in Suid-Afrika wees.
“Egipte-oomblik” hier beteken ’n situasie waarin mense inligting via die moderne media kry wat hulle wil laat optree en dat hulle dan die moderne sosiale media gebruik om dit te reël.