Monday, February 7, 2011

Kommer oor omstrede tegnologie

www.sake24.com
Francois Williams
Kaapstad. - Stories oor omgewingskade weens ­hidro-breking, die omstrede tegnologie wat in die ontginning van skaliegas gebruik word, steek kort-kort in Amerika kop uit, en ’n sterk burgerlike beweging het ontstaan om dit te probeer keer.
Drie Demokrate van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het die afgelope week in ’n brief beweer die oliedienstegroep Haliburton – toevallig die maatskappy wat ’n patentreg het op van die hidro-brekingtegnologie – is een van 12 maatskappye wat diesel gebruik het in die hidro-brekingsproses in 19 deelstate van 2005 tot 2009, het Bloomberg berig.

Haliburton het volgens sy webwerf in die vroeë 1980’s die tegniek van horisontale boorwerk en die stimulasie van gasvloei uit skalierots ontwikkel. Op sy webwerf beweer Halliburton hy het juis in 2005 ’n dieselvrye jel­konsentraat ontwikkel om gasvloei te stimuleer.
Halliburton sê verder sy sementmengsels wat om die staalvoering van ’n boorgat kom, beskerm grondwater teen kontak met die vloeistof wat in die ontginningsproses gebruik word.
Talisman Energy, ’n Kanadese maatskappy by wie Sasol onlangs ’n 50%-belang in ’n skaliegasveld in die weste van Kanada vir meer as R7 miljard gekoop het, het volgens berigte in Kanada sy hidro-brekingaktiwiteite in Januarie agt dae lank gestaak nadat proseswater uit een van sy skaliegasboorgate in Pennsilvanië in Amerika geborrel het. Reuters het verlede jaar berig beeste het in Pennsilvanië siek geword nadat hulle water gedrink het wat uit ’n slikdam gelek het wat afvalwater van die hidro-brekingsproses moes berg.

Hidro-breking verg geweldig baie water. ’n Verslag oor die Marcellus-skaliegasveld in Amerika toon 15 miljoen liter tot 19 miljoen liter water is nodig vir een boorgat. Dis meer as sewe Olimpiese swembaddens vol water. Hiervan is sowat 378 500 liter nodig vir die aanvanklike boorwerk, en tussen 11 miljoen liter en 18 miljoen liter vir die hidro-brekingsproses. Tot 35% van die water moet weer na die oppervlak gebring word. Volgens Halliburton werk hy aan nuwe tegnieke om 70% van die water te herwin en weer te gebruik vir hidro-breking in die volgende boorgat.

Saturday, February 5, 2011

In die Karoo het die naam “Shell” oornag ’n vloekwoord geword



‘Go well’ ... en bly weg


KIRBY VAN DER MERWE gesels met die boere by wie skaliegas spook ...

‘Is jy die man van Shell? Jy gaan pak kry hier,” spot ’n sakeman op die stoep van Graaff-Reinet se klubhuis oorkant die NG kerk. ’n Mens wil nie deesdae in dié Oos-Kaapse dorp “die man van Shell” wees nie. Hier het “Shell” onlangs ’n vloekwoord geword.

Thursday, February 3, 2011

Minister bekommerd oor gas-myn

www.landbou.com




deur Alani Janeke
Die Minister van Waterwese en Omgewingsake sê meer navorsing is nodig oor die ontginning van gas, sê DA. Me. Edna Molewa, die Minister van Waterwese en Omgewingsake sê meer navorsing is nodig oor die ontginning van gas, sê die Demokratiese Alliansie (DA).

Wednesday, February 2, 2011

Verbied prospekteerreg vir Shell

www.landbou.com




deur Alani Janeke
Die Oliereus Shell se voorstel vir die ontginning van gas in die Karoo moet nie eens deur die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (PASA) oorweeg word nie, aldus die Demokratiese Alliansie(DA).