Thursday, February 3, 2011

Minister bekommerd oor gas-myn

www.landbou.com




deur Alani Janeke
Die Minister van Waterwese en Omgewingsake sê meer navorsing is nodig oor die ontginning van gas, sê DA. Me. Edna Molewa, die Minister van Waterwese en Omgewingsake sê meer navorsing is nodig oor die ontginning van gas, sê die Demokratiese Alliansie (DA).
Minister Edna Molewa
Luidens ‘n verklaring sê die party die Minister het dié standpunt duidelik gemaak in antwoord op ‘n vraag wat hulle verlede jaar aan haar gevra het. Molewa is van mening dat spesifiek die proses van hidroliese fraktrurering vir gas-prospektering verder ondersoek moet word. Die DA sê hulle verwelkom dié benadering van die Minister, en hulle moedig haar aan om met die Minister van Energie hieroor te praat.

Moratorium? 
 “Vir hierdie rede glo ons die Minister... moet die moratorium teen ‘fracking’ (‘n kort Engelse benaming vir die proses) wat die DA vroeër die week voorgestel het, steun”, aldus die party. Die DA het vroeër die week hulle steun aan die stryd teen die proses van Shell, wat vir prospekteringsregte vir gasontginning in die Karoo aansoek gedoen het, toegesê. Die party voel ‘n moratorium moet teen die proses en tipe myn aktiwiteite in Suid-Afrika ingestel word, aangesien dit nog nie behoorlik ondersoek is nie. Volgens die party het die land ook nog nie regulasies en ‘n beleid in dié verband in plek nie.  

Gevolge? 
Volgens die Minister kan dié myn-aktiwiteite verskeie gevolge vir die omgewing inhou:
  1.  Besoedeling van grondwaterbronne as die vloeistowwe van die hidroliese fraktruering nie uitgepomp word nie. Dit kan ook lei tot reaksies tussen vloeistowwe, minerale neerslae en water. 
  2. ‘n Afname in die vlak van grondwater weens die groot hoeveelheid water wat vir die proses benodig word. 
  3. Besoedeling weens die storing van olie en gas-afval op die oppervlak, veral as dit nie behoorlik geïsoleer is en beheer word nie.

No comments:

Post a Comment