Wednesday, March 30, 2011

Agri SA vra moratorium op hidrouliese rotsbreking

www.dieburger.com/



 


Mariska Spoormaker

Port Elizabeth - Agri SA het regsadvies aangevra sodat dié organisasie bo enige twyfel kan weet of skaliegas kragtens wet as ’n mineraal beskou kan word, het die organisasie se uitvoerende direkteur, mnr.Hans van der Merwe, gesê.
“Ons wag ook op die uitspraak in ’n hooggeregshofgeding teen die staat waarin ons helderheid soek oor of grondeienaars wat hul minerale regte ingevolge die Minerale en Petroleumontwikkelingswet van 2004 verloor het, kan aanspraak maak op vergoeding indien skade of verlies bewys kan word,” het Van der Merwe bygevoeg.

Monday, March 28, 2011

‘Ysbeerman’ daag Shell uit


“Kyk maar oral in die wêreld – waar die omgewing beskadig word, volg konflik.”

deur Amelia Genis
’n Voorste kampvegter vir die omgewing het Shell gewaarsku om nie Suid-Afrikaners wat vir die Karoo omgee, te onderskat nie.
Mnr. Lewis Pugh, ’n prokureur wat in seevaartreg spesialiseer, maar beter bekend is om sy swemmery in uiterste omstandighede om die aandag op klimaatsverandering te vestig, is by ’n openbare vergadering in Nuweland, Kaapstad, staande toegejuig oor Shell se konsep-omgewingsbestuursplan.

Sunday, March 27, 2011

‘Frack off, Shell,’ sê teenstanders van gasontginning in die Karoo




Deur Julian Jansen / Foto: Danielle Karallis
Die oliereus Shell wil “frack” in die Karoo … Maar al hoe meer mense sê: “Frack jou, Shell!
“Frack” of “fracking” is die term wat gebruik word om die omstrede proses te beskryf wat Shell wil gebruik om na gas te soek in die Karoo. Dit heet in Afrikaans hidrouliese breking.

Wat sê ons Grondwet?



Die Handves van Menseregte in Suid-Afrika se Grondwet is gebaseer op sosiaal-demokratiese beginsels wat die res van die wêreld ver vooruit is. Veral artikel 24 is briljant geskryf, waarop elke Suid-Afrikaner met reg trots kan wees:

• “Elkeen het die reg op ‘n omgewing wat nie skadelik vir sy gesondheid of welstand is nie” en
• “Elkeen het die reg dat die omgewing beskerm moet word tot voordeel van huidige en toekomstige generasies, deur redelike wetlike en ander maatreels wat besoedeling voorkom, bewaring aanmoedig, en ekologiese volhoubare ontwikkeling en gebruik van natuurlike hulpbronne verseker terwyl regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling aangemoedig word”.

Wat behels Skaliegasontginning?

www.beeld.com





Deur Carin Bosman
‘n Tegniek bekend as hidrobreking word gebruik vir die ekonomiese ontginning van skaliegas. Hidrobreking is nie - soos die bemarkingsdokumente verkondig - ‘n “beproefde proses wat oor 60 jaar in duisende gate getoets is” nie. Dit is nuwe, ongetoetsde tegnologie, en in plekke waar dit reeds geïmplementeer is, het dit tot groot omgewingsskade, veral waterbesoedeling, gelei. Die Oscar-benoemde dokumentêre fliek Gasland lewer ontstellende getuienis van hoe vinnig en wydverspreid die skade kan wees. As gevolg van die groot risiko verbonde aan hidrobreking, is ‘n moratorium op die praktyk geplaas in verskeie lande soos Kanada en Frankryk, asook deur ‘n toenemende aantal Amerikaanse deelstate, insluitend New York, Pensylvanieë, New Jersey, Arkansas, en ander.

Saturday, March 26, 2011

Hidrouliese rotsbreking? WAT OP AARDE IS DIT?

www.beeld.com





Carin Bosman

Shell, asook verskeie ander maatskappye, verdring mekaar om ondergrondse gas in die Karoo te ontgin. Mense is egter bekommerd dat dié proses die water en grond onherstelbaar sal besoedel.
Wat behels hidrouliese rotsbreking (‘fracturing’ of ‘fracking’ in Engels) nou eintlik? ‘Hidrobreking’ is ‘n Amerikaanse metode om diep ondergrondse rotsformasies uitmekaar te splits. Miljoene liters water, sand en chemikalieë word vir dié doeleinde, onder vreeslike hoë druk, die aarde ingepomp. Dit veroorsaak breuke in die rotsbed, waardeur die gas kan ontsnap. Dié gas word natuurlike gas of skaliegas genoem, maar is eintlik niks anders as metaangas nie.
Dié gas wat hulle so naarstiglik wil myn, word gewoonlik gebruik in verhittingsprosesse, maar kan ook aangewend word in die ‘maak’ van elektrisiteit. Boonop kan spesiaal aangepaste voertuie metaangas as brandstof gebruik.

Wednesday, March 23, 2011

Shell kontak boere glo een-een

www.dieburger.com






Mariska Spoormaker

Nieu-Bethesda. – Dit wil vir hom voorkom of Karoo-boere nou afsonderlik deur Shell gekontak word om hulle oor gaseksplorasie in die Karoo te oortuig, het mnr. Douglas Stern, voorsitter van die Sneeuberg-landbouvereniging, gesê. Die 48 boere in die vereniging het, nadat Shell se eksplorasie-planne in Februarie bekend gemaak is, mnr. Derek Light van Graaff-Reinet as hul regsverteenwoordiger aangestel.

Shell is tjoepstil oor gerugte rondom Karoo-brakwater en chemikalieë

www.dieburger.com


“Julle wil ’n trein met 80 tenkers water na jul toetsgate laat aanry, maar ons kan Transnet nie eens so ver kry om ’n kis wyn na ons te vervoer nie.” 

Port Elizabeth - Shell-verteenwoordigers het Vrydag op hul openbare vergadering in Middelburg versuim om gerugte dat Karoo-brakwater dalk tog nie met chemikalieë – nodig vir die hidrouliese rotsbrekingsproses van gaseksplorasie – verbind nie, te bevestig of ontken.
Dié ondergrondse brakwater is nutteloos vir drink- of landboudoeleindes.

Tuesday, March 22, 2011

Shell se Egipte-oomblik

www.beeld.com







Deur Ferdi Greyling
’n Aansoek deur onder meer die Europese oliemaatskappy Shell om vir aardgas in die Karoo te eksploreer, kan dalk net ’n Egipte-oomblik in Suid-Afrika wees.
“Egipte-oomblik” hier beteken ’n situasie waarin mense inligting via die moderne media kry wat hulle wil laat optree en dat hulle dan die moderne sosiale media gebruik om dit te reël.

Sunday, March 20, 2011

Inwoners slyp hul regsmes vir Shell

Middelburg (Oos-Kaap). – Sou die oliereus Shell se aansoek om eksplorasieregte in die Karoo deur die minister van energiesake toegestaan word, sal inwoners dit op regsgronde teenstaan. Dít het Vrydag duidelik geblyk tydens Shell se openbare vergadering op Middelburg in die Oos-Kaapse Karoo waartydens die konsep-omgewingsbestuursplan vir sy voorgenome gaseksplorasie in ’n gebied van ongeveer 95 000 km² in die Karoo bespreek is.

Friday, March 18, 2011

Interdik teen myn van gas?

www.landbou.com





Deur Alani Janeke
Sou die Regering nie ’n moratorium oor die myn van gas in die Karoo instel nie, oorweeg Agri SA dit om om ’n interdik aansoek te doen om dié mynmetode stop te sit.

Tuesday, March 15, 2011

Karoo sal nie myn van gas oorleef



www.landbou.com




Die Karoo se ekonomie sal nie die myn van gas oorleef nie, sê ‘n konsultant in diens van Shell Oil.  Luidens ‘n verklaring is dié standpunt gemaak tydens ‘n vergadering tussen Golder Associates, die omgewingskonsultante wat deur Shell Oil aangestel is, en die Treasure the Karoo Action Group TKAG (Koester die Karoo Aksie Groep).

Thursday, March 3, 2011

Shell: ‘Beproefde tegniek het nooit water besoedel’

www.beeld.com





Elise Tempelhoff

Suid-Afrika ervaar ’n energiekrisis, maar Shell kan met sy beoogde onkonvensionele gasprojek in die Karoo in dié kragbehoefte voorsien. Hidrobreking is die énigste manier om die gas, wat tussen 2 500 m en 5 000 meter onder die grondoppervlak in skalierots opgesluit is, te ontsluit.