Monday, April 18, 2011

Aksiegroep wil tot hoogste hof gaan



www.landbou.com
Die finale besluit om Shell toe te laat om eksplorasie vir aardgas te doen, rus by me. Susan Shabangu, Minister van Minerale Hulpbronne

Deur Amelia Genis
Die aksiegroep "Treasure the Karoo" (TKAG) is bereid om sy teenstand teen hidrouliese breking tot in  die Grondwethof te voer, het mnr. Jonathan Deal, koördineerder van die groep, op die bekendstelling van hul amptelike beswaar daarteen in Kaapstad gesê.

In hul beswaar teen die aansoek van Shell om met behulp van die omstrede tegniek hidrouliese breking ("fracking") na aardgas in die Karoo te soek, doen die aksiegroep 'n beroep op die owerhede om onmiddellik 'n verbod te plaas op alle planne van enige ondememing om sodanige eksplorasie te ondemeem.
Dr. Luke Havemann van die regsfirma Havemann Geïnkorporeer sê Shell se konsepomgewingsbestuursplan is "nie wettig, redelik of prosedureel billik" nie. Shell se konsep-orngewingsbestuursplan is ook nie in ooreenstemming met sekere grondwetlike bepalings en bepalings in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur nie. "AIle myn- en omgewingswette is onderhewig aan die Grondwet, maar is gebrekkig in hul redevoering en  die manier waarop hulle by mekaar inskakel."
Die dokurnent is saamgestel deur Havernann, prof. Jan Glazewski van die Instituut vir Mariene- en Omgewingsreg aan die Universiteit van Kaapstad en me. Susie Brownlie, 'n omgewingskundige. 'n Span wetenskaplikes wat spesialiseer in openbare gesondheid, biodiversiteit, maatskaplik-ekonomiese toestande, paleontologie en sterrekunde, het ook daaraan meegewerk. Die belangrikste punt wat die kundiges uitgewys het, is die gebrek aan betroubare en voldoende inligting oor hidrouliese breking in die konsep-omgewingsbestuursplan. Hulle meen dat betroubare en voldoende inligting nodig is om 'n beredeneerde besluit te neem.

Ander besware is Shell se vaagheid met betrekking tot die waterbronne wat hy sal benut en die moontlike ongunstige uitwerking op die gesondheid van mense en ekostelsels weens die moontlikebesoedeling van oppervlak- en ondergrondse water.
me. Susan Shabang
Nog 'n bron van kommer is die feit dat moratoriums in verskeie ontwikkelde lande op hidrouliese breking geplaas is. Die feit dat Shell se aansoek buite die riglyne val van 'n aantal grondwetlike en nasionale omgewingsbestuursbepalings, insluitende die reg tot ontwikkeling wat ekologies volhoubaar is, is ook nie vir die TKAG aanvaarbaar nie. Die groep maak beswaar teen die feit dat hidroullese breking, met skaliegasontginning as die einddoel, nie noodwendig die beste of volhoubaarste vorm van grondbenutting vir die unieke Karoostreek mag wees nie - geen evaluering van ander vergelykbare grondgebruik-opsies is nog op strategiese vlak vir die gebied onderneem nie.
Die finale besluit om Shell toe te laat om eksplorasie vir aardgas te doen, rus by me. Susan Shabangu, Minister van Minerale Hulpbronne.

No comments:

Post a Comment