Saturday, April 16, 2011

Gebiede waar Shell wil prospekteer

Shell, Statoil, Sasol,  Falcon Oil (Kanada), Sunset Energy (ook genaamd Bundu) uit Australië, Advasol, Umbono Coal Ermelo en die Chesapeake-energiekorporasie (Amerika) aansoeke  ingedien by die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (Pasa) om te  prospekteer vir skaliegas in die Vrystaat, Oos-Kaap, Suid-Kaap, Karoo en  KwaZulu-Natal. CopaNet, ’n nuwe, onbekende  maatskappy, het aansoek gedoen om prospekteerregte op 300 000 ha tussen  Louis Trichardt en Musina.
Sien hier waar Shell voornemens is om te prospekteer in die Karoo. Klik op die kaarte om hulle te vergroot.



Hierdie drie gebiede saam beslaan ± 95 000 km²

Die oostelike gebied

Die westelike gebied

Die sentrale gebied


Jy kan lyste (pdf) van die plase (en dis baie!) wat geaffekteer gaan word, aflaai deur te kliek: 
Vir die westelike gebied: Appendix 1 - List of properties
Vir die oostelike gebied: Appendix 1 - List of properties
Vir die sentrale gebied:   Appendix 1 - List of properties

Om die bestande te kan lees, benodig jy Adobe Reader wat jy kan sonder koste kan aflaai van http://get.adobe.com/reader/?no_ab=1

Jy dink miskien dat jy nie geaffekteerd word as jy nie op die lys is. Maar dis glad nie seker nie, want hulle boor nie net vertikaal nie (tot op 'n diepte van tussen 3 en 5 km), maar ook horisontaal in alle rigtings (soos die speke van 'n fiets se wiel) as hulle op die gewenste diepte is tot so ver as vyf kilometer. Dit maak dit moontlik dat hulle op jou buurman se land boor en onder jou huis uitkom.




No comments:

Post a Comment