Sunday, April 17, 2011

Saak dalk op regsgronde gewen

www.landbou.com

"Ek meen dat daar soveel tekortkominge is dat die minister die aansoek sal afkeur en dat 'n hofaksie dus nie nodig sal wees nie"


Deur Theuns Botha
Boere en ander belanghebbendes in die Karoo veg verbete teen die oliemaatskappy Shell se aansoek om skaliegas in die gebied te ontgin.




 
Prinses Irene van Nederland
Die regsverteenwoordiger, mnr. Derek Light van Graaff-Reinet, wat namens 200 grondeienaars (insluitende prinses Irene van Nederland) en ander belanghebbendes optree, is oortuig daarvan dat die proses wat Shell en sy konsultant, Golder Associates, volg, onwettig is. Hy meen daar is gebreke in die openbare deelnameproses en onreëlmatigheid in Shell se aansoek om gaseksplorasieregte wat by die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (Pasa) ingedien is. Hy is veral besorg oor Shell se onvermoë om vaste waarborge te verskaf dat die Karoo se ondergrondse waterbronne nie besoedel sal word nie. Vaaghede oor die chernikalieë wat gebruik word en 'n swak omgewingsbestuursplan, meen hy, kan ook die aansoek in 'n hof kelder.
"Ek meen dat daar soveel tekortkominge is dat die minister die aansoek sal afkeur en dat 'n hofaksie dus nie nodig sal wees nie. Sou dit nie die geval wees nie, sal ons die Hooggeregshof en, indien nodig, die Grondwethof om 'n gepaste bevel nader."
Light gee toe dat die reaksie van grondeienaars Shell waarskynlik nie sal oorreed om sy aansoek te heroorweeg nie. "Die voordele wat die aansoek moontlik vir die land inhou, sal teen die risiko's wat dit vir die omgewing inhou, opgeweeg moet word. Die inligting wat Shell tot dusver verskaf het, is generies en nie spesifiek nie. Die omgewingsbestuursplan is op die hipotetiese impak van 'n enkele denkbeeldige gat op 'n onbekende plek in 'n streek van 95 000 km² gebaseer.
"Die minister kan onrnoontlik op grond daarvan 'n besluit ten gunste van Shell neem. Sy behoort eers haar eie onafhanklike ondersoek na die voorgestelde proses en die impak daarvan te doen. Shell se aansoek en die proses wat gevolg is, is nie deursigtig nie," het Light aan Landbouweekblad gesê.

No comments:

Post a Comment