Sunday, April 17, 2011

Skaliegas kan SKA-projek benadeel


www.landbou.com
"Die Wet op Astronomie en Geografiese Voordele maak dit vir Shell onmoontlik om met sy planne voort te gaan."



Deur Amelia Genis
Die brandstofmaatskappy Shell se planne om vir skaliegas in die suidwestelike Karoo te prospekteer en dit uiteindelik deur hidrouliese breking te ontgin, kry nou sterk teenstand van wetenskaplikes by die SKA- (Square Kilometre Array) projek. Dr. Adrian Tiplady, projekbestuurder van die SKA-radioteleskoopprojek buite Carnarvon in die Noord-Kaap, sê die SKA-projek en eksplorasie- of mynbedrywighede is onverenigbaar.




So sal die SKA-projek omtrent lyk
"Ons gaan die Wet op Astronomie en Geografiese Voordele (Wet 21 van 2007) gebruik om seker te maak dat eksplorasie vir skaliegas die SKA-projek op geen manier in gevaar stel nie. "Elektromagnetiese steuring deur groot myntoerusting sal steuring veroorsaak en sal ver van die skottels van die SKA-radioteleskoop rnoet wees."

Tiplady sê hulle is ook bekommerd dat seismiese steuring die werking van radioteleskope kan benadeel. "Die Wet op Astronomie en Geografiese Voordele dek alle bronne van steuring en beskou rnyn- en eksplorasie-bedrywighede as bronne van steuring."
Op 'n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee vir wetenskap en tegnologie in Maart het mnr. Val Munsami, adjunk-direkteur-generaal van die departement, gesê die intemasionale vennote in die SKA-projek het emstige vrae oor die uitwerking wat die eksplorasie op die radioteleskoopprojek kan hê. Op dieselfde vergadering het mnr. Nqaba Ngcobo, voorsitter van die komitee, gesê dat die Minister van Wetenskap en Tegnologie kragtens die Wet op Astronomie en Geografiese Voordele aIleen die reg het om die gebied waarin die SKA in werking is, te reguleer. "Die wet maak dit vir Shell onmoontlik om met sy planne voort te gaan."

No comments:

Post a Comment