Sunday, March 27, 2011

Wat sê ons Grondwet?



Die Handves van Menseregte in Suid-Afrika se Grondwet is gebaseer op sosiaal-demokratiese beginsels wat die res van die wêreld ver vooruit is. Veral artikel 24 is briljant geskryf, waarop elke Suid-Afrikaner met reg trots kan wees:

• “Elkeen het die reg op ‘n omgewing wat nie skadelik vir sy gesondheid of welstand is nie” en
• “Elkeen het die reg dat die omgewing beskerm moet word tot voordeel van huidige en toekomstige generasies, deur redelike wetlike en ander maatreels wat besoedeling voorkom, bewaring aanmoedig, en ekologiese volhoubare ontwikkeling en gebruik van natuurlike hulpbronne verseker terwyl regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling aangemoedig word”.


Dit is ‘n mondvol en artikel 2 van die Nasionale Omgewingsbestuurswet gee meer duidelikheid oor wat presies volhoubare ontwikkeling behels deur 25 Volhoubaarheidsbeginsels uit te spel. Hierdie Beginsels bind die Staat (insluitend Pasa), en die Mineraal en Petroleum Hulpbronnewet is ook spesifiek onderworpe daaraan. Alle petroleumhulpbronontwikkeling moet voldoen aan hierdie beginsels. Die skending van enige een van die beginsels impliseer die skending van ons menseregte.

No comments:

Post a Comment