Tuesday, March 15, 2011

Karoo sal nie myn van gas oorleef



www.landbou.com




Die Karoo se ekonomie sal nie die myn van gas oorleef nie, sê ‘n konsultant in diens van Shell Oil.  Luidens ‘n verklaring is dié standpunt gemaak tydens ‘n vergadering tussen Golder Associates, die omgewingskonsultante wat deur Shell Oil aangestel is, en die Treasure the Karoo Action Group TKAG (Koester die Karoo Aksie Groep).

Jonathan Deal

Volgens ‘n verklaring het mnr. Fred Kruger, die konsultant, op die vraag:  “Kan die Karoo se ekonomie “fracking” (die term wat vir die myn van gas gebruik word) oorleef?” geantwoord: “Die Karoo se ekonomie sal nie die myn van gas oorleef nie.” Mnr. Jonathan Deal, koördineerder van TKAG, het die vraag gestel.

Navrae vir landwye veldtog
Die vergadering is gehou as deel van ‘n landwye veldtog waarvolgens Golder alle geaffekteerde partye wat teen “fracking” gekant is, nader vir gesprekke. Die TKAG is gekant teen die proses in die Karoo omdat veral drie regeringsprosesse tans ontbreek. Dit sluit die opdatering van die nasionale waterbronnestrategie, wat tans onderneem word, en die bekendstelling van die Groenskrif vir landelike ontwikkeling  - wat in die tweede helfte van die jaar verwag word - in.

Vertrou met die Karoo?
Die maatskappy kon nie aandui of Shell vertrou kan word om dié mynmetode met die nodige veiligheid vir die Karoo en omgewing te implementeer nie. Deal sê dit is duidelik dat Shell se aansoek nie goedgekeur moet word voordat uitsluitsel oor verskeie sake gekry is nie, byvoorbeeld die invloed wat die mynmetode op die koolstofspoor in die Karoo gaan hê, en of dit die moeite werd is om dié unieke omgewing totaal te versteur vir ‘n hulpbron wat oor 15 jaar glo uitgeput gaan wees. Deal raai persone wat wil sien hoe ‘n landskap wat deur “fracking” geraak is lyk aan om die webtuiste www.damascuscitizens.org te besoek.

No comments:

Post a Comment